AGCO Se Privaatheidsverklaring
Taal:
Republiek van Suid Afrika
Algemene voorwaardes
In ooreenstemming met die wette van Suid-Afrika, moet verstaan word dat die definisie van persoonlike inligting in hierdie privaatheidsverklaring bestaande korporatiewe entiteite insluit. Jy is ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Personal Information Act, “POPIA”) geregtig op die inligting in hierdie afdeling van hierdie verklaring.
Wat gebeur as AGCO nie jou persoonlike inligting kan insamel nie?
Waar ons deur die wet of kragtens die bepalings van ’n kontrak wat ons met jou het persoonlike inligting moet insamel, en jy versuim om daardie inligting te verskaf wanneer dit versoek word, sal ons dalk nie die kontrak wat ons met jou het of probeer aangaan kan uitvoer nie (byvoorbeeld om aan jou goedere of dienste te verskaf). In hierdie geval kan ons dalk nie voortgaan met ’n bepaalde verbintenis wat ons met jou het of van plan is om te hê nie (dit kan die kansellasie van ’n produk of diens wat jy by ons het insluit), maar ons sal jou in kennis stel indien dit die geval is op daardie tydstip.
Kategorieë, doeleindes en regsgronde wat die verwerking van jou persoonlike inligting toelaat
Die tabel hier onder gee ’n uiteensetting van die kategorieë, doeleindes en regsgronde wat die verwerking van jou persoonlike inligting toelaat. Elke doel kan sommige of al die kategorieë van persoonlike inligting gebruik en kan meer as een regsgrond hê wat die verwerking van daardie persoonlike inligting toelaat. Dit beteken nie dat al die persoonlike-inligtingkategorieë vir elke doel of regsgrond gebruik word nie. Sien asseblief die kontakbesonderhede-afdeling vir inligting oor hoe om AGCO te kontak met navrae oor watter kategorieë persoonlike inligting vir spesifieke doeleindes gebruik word.
Kategorieë van persoonlike inligting Verwerk deur of namens AGCO | Doeleindes waarvoor AGCO jou persoonlike inligting kan verwerk |
Regsgronde vir die verwerking van persoonlike inligting |
Persoonlike besonderhede: Naam; benaming, gender; foto; video; geboortedatum; beroep; besigheid of werkgewer; sektor, voertuigregistrasienommer.
|
Om jou identiteit te verifieer en die veiligheid van jou persoonlike inligting te verseker. Om uitvoering te gee aan jou wetlike regte en jou regte ingevolge hierdie verklaring. Om teen bedrog, identiteitsdiefstal en ander onwettige aktiwiteite te beskerm. Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om regseise vas te stel, uit te oefen of te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide. Om die bepalings van ’n kontrak tussen jou en ons na te kom. Om vir jou inligting te stuur wat relevant is vir jou vorige aankope en belange, onderhewig aan voldoening aan toepaslike wette rakende direkte bemarking. |
Ons het vooraf jou uitdruklike toestemming tot die verwerking verkry. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Die verwerking is nodig om die belangrike belange van enige individu te beskerm. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Die verwerking is nodig vir ons wettige belange, wat nie jou regte en vryhede onregverdig benadeel nie. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Kontakbesonderhede: E-posadres; posadres; telefoonnommer; faksnommer; kliënt-ID.
|
Om jou identiteit te verifieer en die veiligheid van jou persoonlike inligting te verseker. Om vir jou inligting te stuur wat relevant is vir jou vorige aankope en belange, onderhewig aan voldoening aan toepaslike wette rakende direkte bemarking. Om vir jou kommunikasie te stuur oor die administrasie van jou rekeninge en die funksionaliteite van ’n werf, ’n app of ’n toestel. Om die bepalings van ’n kontrak tussen jou en ons na te kom. Om jou in kennis te stel van veranderinge aan ’n werf, ’n app of ’n toestel. Om uitvoering te gee aan jou wetlike regte en jou regte ingevolge hierdie verklaring. Om teen bedrog, identiteitsdiefstal en ander onwettige aktiwiteite te beskerm. Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide. |
Ons het vooraf jou uitdruklike toestemming tot die verwerking verkry. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Die verwerking is nodig om die belangrike belange van enige individu te beskerm. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Die verwerking is nodig vir ons wettige belange, wat nie jou regte en vryhede onregverdig benadeel nie. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Spesialekategoriedata en sensitiewe persoonlike inligting |
AGCO poog nie om jou sensitiewe persoonlike inligting of spesialekategoriedata in te samel of andersins te verwerk nie. In die geval dat jy jou sensitiewe persoonlike inligting verskaf, of waar AGCO dit terloops insamel of andersins verwerk, sal ons dit om die volgende redes doen: Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide. |
Ons het vooraf jou uitdruklike toestemming tot die verwerking verkry. Die verwerking is nodig vir die vestiging, uitoefening of verdediging van regseise. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Data wat met werwe of apps verband hou: Tegniese data (soos hier bo uiteengesit, insluitend toesteltipe, bedryfstelsel, blaaiertipe, blaaierinstellings, IP-adres, taalinstellings, datums en tye van koppeling aan ’n werf, app, toestel, gebruikstatistieke, instellings, datums en tye van koppeling aan die app, werf of ’n toestel, liggingdata en ander tegniese kommunikasie-inligting wat nodig is vir die werking van die betrokke werf of app); gebruikersnaam; wagwoord; sekuriteitsaanmeldbesonderhede; gebruiksdata insluitend datavolumes; saamgestelde statistiese inligting.
|
Om die inhoud van ’n werf, ’n app of ’n toestel te vertoon, en enige pasmakings wat jy kan kies. Om te verstaan hoe individue gesamentlik die funksionaliteite van ’n werf, ’n app of ’n toestel (of geassosieerde voertuig) gebruik. Om inhoud, promosies, opnames of ander funksionaliteite van ’n werf, ’n app of ’n toestel te administreer. Om ons werwe of apps te verbeter. Om data-ontleding en ander verwerking uit te voer (insluitend neigingsontleding en finansiële ontleding). Om teen bedrog, identiteitsdiefstal en ander onwettige aktiwiteite te beskerm. Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide. |
Ons het ’n wettige belang om die verwerking uit te voer (insluitend ons wettige belange in die bedryf van ons besigheid, die verskaffing van goedere en dienste aan jou, om jou in te lig oor ander produkte of dienste wat vir jou van belang kan wees, en die instandhouding of verbetering van ons produkte of dienste), en daar is geen buitensporige risiko vir jou regte, vryhede of belange nie. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Masjiendata: Plaasbestuursdata; gronddata; agronomiese data; voertuiggebruikstatistieke; voertuigprestasiedata; bestuurspatrone; enjintemperatuurdata; enjinprestasiedata; brandstofverbruikdata; emissiedata; voertuigdiensstatus; voertuigligging.
|
Om data-ontleding en ander verwerking uit te voer (insluitend neigingsontleding, modellering- en finansiële ontleding). Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide.
|
Ons het ’n wettige belang om die verwerking uit te voer (insluitend ons wettige belange in die bedryf van ons besigheid, die verskaffing van goedere en dienste aan jou, om jou in te lig oor ander produkte of dienste wat vir jou van belang kan wees, en die instandhouding of verbetering van ons produkte of dienste), en daar is geen buitensporige risiko vir jou regte, vryhede of belange nie. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Kommersiële data: Finansiële besonderhede en betalingsinligting (insluitend bankbesonderhede of kredietkaartbesonderhede verskaf in verband met ’n aankoop); aankoopgeskiedenis (insluitend produkte, datums, liggings en handelaars wat verband hou met enige aankoop); koopbelange; diensversoeke.
|
Om vir jou inligting te stuur wat relevant is vir jou vorige aankope en belange, onderhewig aan voldoening aan toepaslike wette rakende direkte bemarking. Om data-ontleding en ander verwerking uit te voer (insluitend neigingsontleding, modellering- en finansiële ontleding). Om AGCO se wetlike regte te vestig of uit te oefen, of regseise te verdedig. Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide.
|
Ons het ’n wettige belang om die verwerking uit te voer (insluitend ons wettige belange in die bedryf van ons besigheid, die verskaffing van goedere en dienste aan jou, om jou in te lig oor ander produkte of dienste wat vir jou van belang kan wees, en die instandhouding of verbetering van ons produkte of dienste), en daar is geen buitensporige risiko vir jou regte, vryhede of belange nie. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Die verwerking is nodig om die belangrike belange van enige individu te beskerm. Die verwerking word deur toepaslike wette vereis. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Bemarkingsdata: Advertensiebelangstellings; webkoekiedata; klikstroomdata; blaaigeskiedenis; antwoorde op kliëntetevredenheidsopnames en direkte bemarking asook onttrekkings aan direkte bemarking. Ons hou ’n onderdrukkingslys vir ingeval jy kies om te onttrek aan direkte bemarking of andersins jou datasubjekte se regte uit te oefen. Die onderdrukkingslys word vir tien jaar onderhou om te verseker dat ons jou nie kontak indien ons jou inligting van ’n derde party ontvang nie.
|
Om inhoud, promosies, opnames of ander funksionaliteite van ’n werf, ’n app of ’n toestel te administreer. Om vir jou inligting te stuur wat relevant is vir jou vorige aankope en belange, onderhewig aan voldoening aan toepaslike wette rakende direkte bemarking. Om data-ontleding en ander verwerking uit te voer (insluitend neigingsontleding, modellering- en finansiële ontleding). Om te voldoen aan toepaslike wette en ons ander toepaslike beleide.
|
Ons vooraf jou uitdruklike toestemming tot die verwerking verkry het Ons het ’n wettige belang om die verwerking uit te voer (insluitend ons wettige belange in die bedryf van ons besigheid, die verskaffing van goedere en dienste aan jou, om jou in te lig oor ander produkte of dienste wat vir jou van belang kan wees, en die instandhouding of verbetering van ons produkte of dienste), en daar is geen buitensporige risiko vir jou regte, vryhede of belange nie. Die verwerking is nodig in verband met ’n kontrak wat met jou aangegaan is of tot jou voordeel. Enige ander wettige grondslag beskikbaar onder toepaslike wette. |
Jou regte
Onder sekere omstandighede het jy die volgende regte ingevolge toepaslike wette met betrekking tot jou persoonlike inligting:
- Kennisgewing dat jou persoonlike inligting ingesamel word. Wanneer jou persoonlike inligting ingesamel word, het jy die reg om ingelig te word dat jou inligting ingesamel word en waar die inligting nie van jou ingesamel word nie, het jy die reg om ingelig te word van die bron van wie/waar dit ingesamel word.
- Kennisgewing van sekuriteitsgevare. Waar daar redelike gronde bestaan vir ons om te glo dat jou persoonlike inligting deur ’n ongemagtigde persoon bekom of verkry is, het jy die reg om in kennis gestel te word.
- Versoek toegang tot jou persoonlike inligting. Jy het die reg om kosteloos te bevestig of AGCO enige van jou persoonlike inligting hou of nie, en in die mate wat AGCO wel jou inligting hou, om ’n afskrif of beskrywing van daardie rekord te versoek. Daar sal van jou verwag word om voldoende bewys van jou identiteit te verskaf sodat AGCO jou identiteit kan bevestig en jou reg op toegang tot jou persoonlike inligting kan verseker. AGCO sal jou dalk moet versoek om ander spesifieke inligting te verstrek om jou versoek te help verwerk. Dit is ’n sekuriteitsmaatreël om te verseker dat persoonlike inligting nie aan enige persoon bekend gemaak word wat geen reg het om dit te ontvang nie. AGCO kan jou ook kontak om jou te vra vir verdere inligting oor jou versoek om ons reaksie te bespoedig.
- Versoek ’n regstelling van jou persoonlike inligting. Jy het die reg om regstelling of verwydering van jou persoonlike inligting te versoek waar dit onakkuraat, irrelevant, buitensporig, verouderd, onvolledig, misleidend of onwettig verkry is.
- Versoek die vernietiging of verwydering van jou persoonlike inligting. Jy het die reg om die verwydering of uitwissing van jou persoonlike inligting te versoek waar daar geen goeie rede vir AGCO is om dit verder te verwerk nie. Jy het ook die reg om die verwydering of uitwissing van jou persoonlike inligting te versoek waar jy jou reg op beswaar teen verwerking suksesvol uitgeoefen het (sien hier onder), waar AGCO dalk jou inligting onwettig verwerk het of waar AGCO verplig word om jou persoonlike inligting uit te vee om aan die wet te voldoen. Let egter daarop dat AGCO moontlik nie altyd aan jou versoek vir vernietiging of verwydering sal kan voldoen nie weens spesifieke wetlike redes waarvan jy, indien van toepassing, in kennis gestel sal word ten tyde van jou versoek.
- Maak beswaar teen die verwerking van jou persoonlike inligting. Jy het die reg om beswaar te maak teen AGCO se verwerking van jou persoonlike inligting waar AGCO staatmaak op ’n wettige belang (of dié van ’n derde party), en daar is iets omtrent jou spesifieke situasie wat maak dat jy beswaar wil maak teen verwerking op hierdie basis. Jy het ook die reg om beswaar te maak waar AGCO jou persoonlike inligting vir direkte bemarkingsdoeleindes verwerk. In sommige gevalle kan AGCO dwingende, wettige gronde demonstreer om jou inligting te verwerk, wat jou reg om beswaar teen verwerking te maak, ignoreer.
- Versoek beperking van die verwerking van jou persoonlike inligting. Dit stel jou in staat om AGCO te vra om die verwerking van jou persoonlike inligting in die volgende scenario’s te staak:
- As jy wil hê dat AGCO die akkuraatheid van die inligting moet staaf.
- As AGCO nie meer die inligting nodig het vir die doel waarvoor die inligting aanvanklik ingesamel is nie, maar AGCO benodig dit vir bewysdoeleindes.
- Waar AGCO se gebruik van die inligting onwettig is, maar jy nie wil hê dat AGCO dit moet uitvee nie.
- As jy wil hê AGCO moet jou persoonlike inligting na ’n ander outomatiese verwerkingstelsel oordra.
- Terugtrekking van toestemming. Jy het die reg om jou toestemming te eniger tyd terug te trek waar AGCO op toestemming staatmaak om jou persoonlike inligting te verwerk. Dit sal egter nie die wettigheid beïnvloed van enige verwerking wat uitgevoer is voordat jy jou toestemming terugtrek nie. As jy jou toestemming terugtrek, sal AGCO dalk nie sekere produkte of dienste aan jou kan verskaf nie. AGCO sal jou inlig as dit die geval is wanneer jy jou toestemming terugtrek.
- Dien ’n klagte by die betrokke databeskermingsowerheid in. Jy het dalk die reg om ’n klag by ’n toepaslike databeskermingsowerheid in te dien, veral in die land van jou verblyf of werkplek.
- Stel siviele verrigtinge in. Jy het die reg om siviele stappe in te stel rakende die beweerde aantasting van die beskerming van jou persoonlike inligting.
- Dien ’n klagte by die inligtingsreguleerder in. Jy het die reg om ’n klagte by die Suid-Afrikaanse inligtingsreguleerder in te dien rakende ’n beweerde aantasting van die beskerming van jou persoonlike inligting.
- Stel siviele verrigtinge in. Jy het die reg om siviele stappe in te stel rakende die beweerde aantasting van die beskerming van jou persoonlike inligting.
Klagtes
Kontak asseblief die inligtingsreguleerder (Suid-Afrika) deur hul webwerf https://inforegulator.org.za/complaints/ of per e-pos by POPIAcomplaints@inforegulator.org.za indien jy jou reg wil uitoefen om ’n klag by die databeskermingsowerheid in te dien.
In hierdie verklaring het die terme in vetdruk die volgende betekenisse:
Toepaslike wette beteken alle wette, statute of regulasies wat op die onderskeie AGCO-geaffilieerde(s) van toepassing is.
Databeskermingsowerheid beteken ’n onafhanklike openbare owerheid wat wetlik getaak is om toesig te hou oor nakoming van databeskermingswette.
Databeskermingswette beteken alle toepaslike wette wat verband hou met die verwerking van persoonlike inligting.
Masjiendata beteken enige data wat gegenereer en/of ingesamel is vanaf jou masjinerie, wat gegenereer is deur, ingesamel is deur of gestoor word in masjinerie, of enige hardeware of toestel wat met die masjinerie koppel, hetsy deur middel van telemetrie of andersins. Masjiendata kan elemente van persoonlike inligting bevat.
Persoonlike inligting beteken enige inligting wat verband hou met 'n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike persoon wat beskerm word onder privaatheid- of databeskermingsbepalings in toepaslike wette.
Verwerk of verwerking beteken enige handeling of stel handelinge wat op persoonlike inligting uitgevoer word, hetsy op outomatiese wyse, insluitend maar nie beperk nie tot: insameling, opname, organisering, berging, aanpassing of wysiging, herwinning, konsultasie, gebruik, openbaarmaking deur oordrag, verspreiding of andersins beskikbaar stel, belyning of kombinasie, blokkering, uitvee of vernietiging.
Sensitiewe persoonlike inligting beteken enige inligting wat verband hou met ’n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike persoon wat spesiale beskerming onder privaatheid- of databeskermingsbepalings in toepaslike wette het.